Content on this page requires a newer version of Adobe Flash Player.

Get Adobe Flash player

tuis | info | karakters | akteurs/span | winkel | vip | kontak  


Oor Die Windpomp

Die Windpomp het sy lewe begin as ‘n “quirky” AFDA Filmskool kortfilm in 2011. Die film het aangegaan om 11 AFDA toekennings te verwerf en is tans die amptelike Suid-Afrikaanse inskrywing vir die studente Oscars – wat ons iets behoorlik gee om oor te spog!

Tydens ‘n vertoning van die kortfilm is die goeie siele hier by ZenHQ Films só beïndruk dat hulle (sodra hulle weer beheer oor hulle-self gekry het) ontmiddelik begin werk het om Die Windpomp in ‘n vollengte film te ontwikkel. Soos The Notebook en Benjamin Button, is Die Windpomp seker om die film op almal se lippe te wees vir 2013, selfs sonder Brad Pitt en Ryan Gosling.

Soos Leon van Nierop dit onlangs op Twitter gestel het, na die kyk van die kortfilm: "Hier kom 'n ding!".
 


Die Storie

Daar's iets in die water...

Die Windpomp is 'n kleurvolle, humoristiese en "quirky" liefdesverhaal van 17-jarige Hendri wat op die voorstoep van sy seniele, teruggetrokke oupa in 'n aftree-oord beland. Sy wêreld bestaan binnekort uit tuinornamente, Bingo-aande en vreemde, bejaarde gedrag. Hendri word onder die vlerk geneem van gawe buurvrou, Tannie Marietjie, wie hom forseer om gereeld by haar huisie te kom bad ná 'n effense tragedie met Oupa se pype.

Tydens ‘n stoute laat-aand sigaret sien Hendri vier donker figure wat geheimsinnig deur die aftree-oord se tuine nael. Hy besluit meteens om hulle agterna te sit en volg hulle tot in ‘n woud aan die buite randte van die klein dorpie, waar ‘n dam helder in die maanlig skitter. ‘n Masiewe windpomp reis vanuit die middel van die dam, waarin die figure oomblikke later plons. 'n Beeldskone meisie verskyn vanuit die donker woud en stel haarself voor – Margot gee ballet klasse vir kleuters tydens skoolvakansies. Hendri kan sy oë nie van haar afhou nie en die vriendskap wat met tyd tussen hulle ontwikkel groei tot baie meer as wat beide kon voorspel.

Maar Hendri se nuwe wêreld versteek baie meer geheime as wat hy kon raai…
 
ZenHQ Films

ZenHQ Films is ‘n top film en TV produksiemaatskappy in Kaapstad met eienaars Chris Roland en Lee-Ann Cotton aan die stuur, met ‘n sateliet kantoor in Los Angeles wat deur John Michaels behartig word. Die maatskappy se hoof fokus is op die ontwikkeling van film en televisie projekte, finansiering, produksie en verspreiding vir die internasionale mark.

Chris en Lee-Ann was betrokke by ‘n verskeidenheid films en televisie reekse wat al genomineer is vir Oscars, Golden Globes, SAFTA en menigde filmfeeste. Dit sluit in die wetenskapfiksie-reeks Charlie Jade, Hotel Rwanda (Don Cheadle, Sophie Okonedo), Stander (Thomas Jane, Deborah Kara-Unger), Darfur (Billy Zane, Kristanna Loken, David O'Hara), Three Needles (Lucy Liu, Olympia Dukakis), Man To Man (Kirsten Scott-Thomas, Joseph Fiennes), Saturdays are for the Dead en die onlangse voltooide film The Forgotten Kingdom, a liefdesverhaal wat in 2012 vrygestel word.

John Michaels was al betrokke by meer as 58 films, Monster (Charlize Theron), Alpha Dog (Bruce Willis, Justin Timberlake), en The Punisher (John Travolta).
 
 
   
Media Film ServiceThe Propfather PropsAlila Professional MakeupZenHQ FilmsMy MoviesLa Vie Mineral WaterDesign Team Textile DesignVan Dyck Carpets










© 2013 zenhq films| ontwerp en ontwikkel deur johan prinsloo | kunswerke deur etienne fourie