Content on this page requires a newer version of Adobe Flash Player.

Get Adobe Flash player

 
     

   
   


Hendri (Armand Greyling) is een verveelde tiener. Nadat hy forseer is om by
sy oupa in ‘n aftree-oord te gaan woon, word Hendri gekonfronteer met die
eksentrieke en kleurvolle leefstyl van sy nuwe bejaarde bure.

Toegerus met ‘n tas vol droë humor, ‘n verkyker en ‘n toenemende
vermoede dat hy meer van ‘n uitheemse vreemdheid hier is as wat hy ooit
sou kon voorspel, gaan Hendri op ‘n avontuur van self-ontdekking, liefde en
die onbloting van sy nuwe wêreld se geheime.

   
   




Gawe pensioenaris en buurvrou, Tannie Marietjie, neem ‘n effense huiwerige
Hendri onder haar vlerk. Behalwe vir seker maak dat Hendri gevoed bly,
nooi (forseer) Marietjie vir Hendri om gereeld by haar huis te kom bad ná
‘n effense misverstand met Oupa se pype.

Tannie Marietjie, die moeder-figuur vir die groepie vriende, stel Hendri voor
aan die wonders van lewe in ‘n aftree-oord en selfs meer as dit, aan ‘n
vriendskap wat nie een van hulle hulle-self sou kon verbeel nie.


   
   




Margot, sarkasties maar tog sjarmant, gee ballet klasse vir kleuters tydens
die skoolvakansies. Met die aftree-oord as haar speelgrond, sleep Margot
dikwels vir Hendri saam op haar onbeplande avonture, gewoonlik met
verrassende resultate.

Alhoewel, die grootste avontuur van alles, romanse, is die een waarvoor
sy deeglik voorbereid is.


   
   




Dr. Rossouw - die dokter vir die inwoners van Winterbessie Dagbreek - se padjie
van geregtigheid en verantwoordelikheid word skielik gekompliseerd en onseker.

As die ongesproke leier van die groep vriende, geheimsinning bekend as die
“Geheimhouders”, is Rossouw in ‘n innerlike stryd gewissel tussen die
beskerming van die mense vir wie hy lief is, om sy plig te doen en om die
geheim te beskerm wat dit alles in gedrang stel.